DHTML Menu JavaScript Menu Powered by Milonic
 
 
 
Die Bloukransmonument, een van die oudste Voortrekkermonumente, staan op die oorspronklike plaas Bochum by die sameloop van die Bloukrans-rivier en Moordspruit, tussen Estcourt en Colenso in die distrik Weenen..


 
   
 
 
Vanaf 19 Oktober 1837 het Piet Retief se trekgesel-skap stuksgewys met die Oliviershoekpas die Drakens-berg begin uittrek. Die trekgeselskap het links van die Oudebergspruit teen die berghelling uitgetrek totdat hulle hoog teen ...


 
   
 
 
Die Oranjerivierkampe op die die plaas Doornbult, naby Hopetown is werklik die moeite werd om te besoek.  Die eienaars Rina en Lemmer Wiid het die afgelope 10 jaar intense navorsing gedoen en op min ander plekke ...


 
   

Gebaseer op die suksesse van die Voortrekkermonument (VTM) en in die lig van die groeiende persepsie dat die Afrikaner se erfenisgoedere bedreig word, is die Erfenisstigting (ES) gedurende Augustus 2002 as 'n afsonderlike Artikel 21-maatskappy sonder winsmotief geregistreer, met die doel "... om te help omsien na bedreigde erfenisgoedere, veral díe wat van besondere betekenis is vir die Afrikaanssprekende gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking."

Doel van die Maatskappy
Om die behoud, bewaring en volhoubare benutting van tasbare erfenis- en kultuurskatte, veral díe wat vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap van belang is, te verseker.

Doelstellings van die Erfenisstigting


  • Om binne die raamwerk van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 25 van 1999, 'n strategie vir die bewaring van die erfenisse op te stel en uit te voer.

  • Om erfenishulpbronne te ontvang, te bekom, te besit, te bewaar, te benut, en te bestuur soos van tyd tot tyd nodig of toepaslik mag wees.

  • Om namens die erfenisgemeenskap as bewaker op te tree en met die owerhede en ander instansies te onderhandel rakende erfenishulpbronne, ten einde die behoud, bewaring en volhoubare benutting daarvan vir die nageslag te verseker.

  • Om die maatskappy as 'n gesagsliggaam ten opsigte van erfenisbewaring te vestig en om die owerhede te oorreed om sekere funksies in hierdie verband aan die maatskappy te delegeer.

  • Om 'n goedtoegeruste en gesaghebbende navorsingsentrum en inligtingstelsel ten opsigte van erfenishulpbronne daar te stel.

  • Om 'n erfenissentrum op te rig waarin kuns- en kultuurhistoriese voorwerpe bewaar en uitgestal kan word, op 'n wyse wat die bydrae wat die Afrikaner tot die ontwikkeling van Suid-Afrika gelewer het, op 'n a-politiese, professionele wyse uitgbeeld.

  • Om die belangrikheid van erfenisbewaring onder die openbare aandag te bring en 'n positiewe gesindheid teenoor erfenisbewaring te bewerkstellig.

  • Om die opvoedkundige, navorsings- en toerismewaarde van erfenisse te beklemtoon en te propageer en ook om volhoubare ontwikkeling van individuele erfenisse te bevorder.

  • Om samewerking en skakeling tussen erfenisinstansies te bevorder, om te verseker dat hulpbronne ten beste aangewend word en dat alle bewaringswaardige erfenisse die nodige aandag geniet.

  • Om bestuursdienste, insluitende finansiering, binne die raamwerk van beskikbare hulpbronne en die doel van die maatskappy, aan instansies, organisasies en verenigings te lewer.

  • Om fondse te genereer en ander hulpbronne te bekom vir die bereiking van die maatskappy se doel en doelstellings.