DHTML Menu JavaScript Menu Powered by Milonic
 
 
 
Die Bloukransmonument, een van die oudste Voortrekkermonumente, staan op die oorspronklike plaas Bochum by die sameloop van die Bloukrans-rivier en Moordspruit, tussen Estcourt en Colenso in die distrik Weenen..


 
   
 
 
Vanaf 19 Oktober 1837 het Piet Retief se trekgesel-skap stuksgewys met die Oliviershoekpas die Drakens-berg begin uittrek. Die trekgeselskap het links van die Oudebergspruit teen die berghelling uitgetrek totdat hulle hoog teen ...


 
   
 
 
Die Oranjerivierkampe op die die plaas Doornbult, naby Hopetown is werklik die moeite werd om te besoek.  Die eienaars Rina en Lemmer Wiid het die afgelope 10 jaar intense navorsing gedoen en op min ander plekke ...


 
   
  • Die Erfenisstigting het gedurende Junie 2005 as oprigter opgetree van die Navorsingstrust, wat ten doel het om navorsing oor Afrikaner- en Afrikaansverwante aspekte, in die breedste sin van die woord en teen die agtergrond van die breë Suid-Afrika, te bevorder.

  • Die Raad van Trustees bestaan uit agt lede en word deur 'n Adviesraad van ses navorsingskundiges geadviseer, wat raadgewend optree t.o.v. veral die identifisering van navorsingsleemtes, -behoeftes en -prioriteite, asook die verkryging en kanalisering van fondse, kwaliteitbeheer, publikasies, genealogie, ens.

  • Sedert Julie 2005, toe met die werwing van stigterslede van die Navorsingstrust begin is, het reeds meer as 50 persone en instansies as stigterslede aangesluit en is 'n bedrag van meer as RM 1,2 as aanvangskapitaal ingesamel.

  • Die Ontvanger van Inkomste het goedkeuring tot belastingvrystelling aan die Navorsingstrust verleen, i.t.v. Artikel 18A van die Inkomstewet

  • In Maart 2006 het Die Navorsingstrust sy eerste toekennings gemaak en in 2007 het die NT het NWO-status gekry (Nie-winsgewende Organisasie).

  • Fondse vir gevorderde studie oor Afrikaner- en Afrikaansverwante onderwerpe is beskikbaar en aansoeke van die volgende aard sal nie vir befondsing oorweeg word nie, nl. fiksie, familiegeskiedenis (wel oor genealogie as 'n wetenskap), kongresbywoning, universiteitsregistrasiefooie en kapitale projekte.

  • Die oorwegende faktor is dat navorsing aan streng akademiese vereistes moet voldoen. Die navorsingsresultate hoef nie noodwendig in Afrikaans te wees nie, maar die aansoek moet in Afrikaans op die voorgeskrewe vorm gedoen word.

  • Die grootste gedeelte van die beskikbare fondse is in 2011 toegeken vir navorsing oor die Afrikaanse letterkunde en ander dissiplines wat met die kernbesigheid van die Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein verband hou, insluitende ook die taalkunde, drama, musiek, museumkunde, digitalisering en verwante onderwerpe.

  • Persone wat om befondsing van navorsing wil aansoek doen, kan die nodige vorms bekom deur met mev Estelle Pretorius te skakel by 0123257885 of navorsing@voortrekkermon.org.za